7 “Wanneer 'n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie gewoonweg soos ander slawe vrygelaat word nie.
8 As haar eienaar wat haar as sy vrou wou hê, later nie meer van haar hou nie, moet hy toelaat dat sy deur haar eie mense losgekoop word. Hy het nie die reg om haar aan vreemde mense te verkoop nie, want dan pleeg hy troubreuk teenoor haar.
9 As die eienaar egter sou besluit om haar vir sy seun as vrou te gee, moet sy soos 'n dogter behandel word.
10 As die eienaar 'n ander vrou vat, mag hy die byvrou haar kos, klere en huweliksreg nie ontsê nie.
11 As hy hierdie drie dinge nie vir haar gee nie, moet sy vrygelaat word sonder dat daar iets aan haar eienaar betaal word.”
12 “Wie iemand doodslaan, moet doodgemaak word.
13 Hy wat dit onopsetlik gedoen het deurdat God dit met hom laat gebeur het, kan vlug na 'n plek toe wat Ek vir jou sal aanwys.