30 Sit offerbrood op die tafel. Dit moet altyd daar voor My in my teenwoordigheid wees.”
31 “Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is.
32 Daar moet ses arms uit die stam vertak, drie aan elke kant.
33 Daar moet ook drie blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar wees. So moet dit wees vir al ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.
34 Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees.
35 Verder moet daar 'n knop wees onder elke paar arms van die kandelaar, drie vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.
36 Die knoppe en die arms moet alles wees uit een stuk suiwer geslae goud.