1 “Jy moet 'n tabernakel maak. Gebruik daarvoor tien stukke materiaal: goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.
2 Elke stuk materiaal moet veertien meter lank en twee meter breed wees, almal moet presies ewe groot wees.
3 Werk die stukke materiaal vyf-vyf aanmekaar vas.
4 Jy moet dan blou lissies vaswerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook,
5 vyftig vir die een en vyftig vir die ander. Die lissies moet presies regoor mekaar wees.
6 Jy moet ook nog vyftig goue hakies maak om die twee stroke materiaal aanmekaar vas te maak sodat die tabernakel een geheel kan wees.