11 Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lissies haak om die stroke aanmekaar vas te maak sodat die tent een stuk is.
12 Die deel van die een strook materiaal wat oorskiet, moet by die agterkant van die tabernakel oorhang.
13 Die vyftig sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel 'n oorhang wees om dit toe te maak.
14 “Jy moet verder 'n seil van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor span.
15 “Jy moet rame van doringhout maak vir die tabernakel om dit regop te hou.
16 Elke raam moet vyf meter lank en 'n driekwart meter breed wees.
17 Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak.