24 “Ek sal nasies voor jou uit verdryf en vir jou 'n land gee. Drie keer per jaar moet jy voor My, die Here jou God, verskyn. Dan sal Ek sorg dat niemand jou land begeer nie.
25 “As jy vir die offer slag, moet jy sorg dat die offerbloed weggehou word van iets wat suurdeeg in het.“Die paasoffer mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.
26 “Die keur van die eerste produkte van jou lande moet jy na my huis toe bring, die huis van die Here jou God.“Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.”
27 Die Here het vir Moses gesê: “Teken al hierdie gebooie op, want hierop berus my verbond met jou en Israel.”
28 Moses was veertig dae en nagte by die Here. In dié tyd het Moses geen kos geëet of water gedrink nie. Hy het die verbondsbepalings, die tien gebooie, op die plat klippe geskryf.
29 Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie.
30 Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom.