26 Hy het die bokant, die sye rondom en die horings met suiwer goud oorgetrek. Besaleël het 'n goue lys rondom die altaar vasgesit.
27 Verder het hy twee goue ringe vir elke kant gemaak en dit aan weerskante, teenoor mekaar, onderaan die lys vasgesit om die draaghoute waarmee die altaar gedra moes word, daardeur te steek.
28 Hy het die draaghoute van doringhout gemaak en hulle met goud oorgetrek.
29 Hy het ook die gewyde salfolie en die geurige, rein wierook gemeng soos 'n bekwame vakman dit doen.