29 Hulle het ook 'n serp gemaak van goed geweefde linne, blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was weefwerk, soos die Here vir Moses beveel het.
30 Hulle het 'n blom van suiwer goud vir die gewyde tulband gemaak en daarop, soos op 'n seëlring, gegraveer: Aan Die Here Gewy.
31 Dit is met 'n blou toutjie aan die voorkant van die tulband vasgemaak, soos die Here vir Moses beveel het.
32 Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die Israeliete het alles gemaak presies net soos die Here vir Moses beveel het.
33 Hulle het die tabernakel, die tent met al sy toebehore, na Moses toe gebring: die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
34 die seil van rooigekleurde ramsvel, die seil van gebreide vel, die voorhangsel,
35 die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel,