4 Hulle het vir die skouerkleed twee bande gemaak om dit aan die punte oor die skouer aanmekaar vas te maak.
5 Die gordel wat oor die skouerkleed gekom het, was van dieselfde gehalte en daarvoor het hulle ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik, soos die Here vir Moses beveel het.
6 Hulle het oniks verwerk en gemonteer in goud. Die name van die seuns van Israel is daarop gegraveer, soos 'n vakman dit op 'n seëlring doen.
7 Die stene is op die skouerbande van die skouerkleed vasgewerk sodat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. Dit alles is gedoen soos die Here vir Moses beveel het.
8 Hulle het ook 'n borssak uitgeborduur soos die skouerkleed, die werk van 'n vakman, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.
9 Die borssak is dubbel gevou, vyf en twintig sentimeter in die vierkant.
10 Hierop het hulle vier rye edelstene gemonteer. Die eerste ry het bestaan uit 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag;