8 Hulle het ook 'n borssak uitgeborduur soos die skouerkleed, die werk van 'n vakman, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.
9 Die borssak is dubbel gevou, vyf en twintig sentimeter in die vierkant.
10 Hierop het hulle vier rye edelstene gemonteer. Die eerste ry het bestaan uit 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag;
11 die tweede uit 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis;
12 die derde uit 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis,
13 en die vierde uit 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Die hele montering was van goud.
14 Daar was twaalf stene, een vir elke naam van die twaalf stamme van Israel. Die name van al twaalf stamme is daarop gegraveer soos op 'n seëlring.