1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van ontmoeting, opslaan.
3 Jy moet die ark met die getuienis neersit in die tent en die ark afskort met die voorhangsel.
4 “Dan moet jy die tafel inbring en sy toebehore daarop regsit. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.