3 Wat gaan julle doen op die dag van afrekening wanneer die straf wat nou nog ver is, julle tref? Na wie toe sal julle hardloop om hulp, en waar sal julle julle besittings wegsteek?
4 Al wat vir julle sal oorbly, is om te buig soos 'n gevangene of om te sterf. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.
5 Ellende wag vir Assirië,Assirië, die stok waarmee Ek sal straf,die werktuig van my toorn!
6 Ek stuur hom teen die godlose nasie,Ek beveel hom om op te trek teen die volk vir wie Ek kwaad is,om hulle te beroof en te plunder,om hulle te vertrap soos modder in die strate.
7 Maar dit is nie wat Assirië in gedagte het nie,ook nie wat hy beplan nie.Sý bedoeling is om te vernietig, om baie nasies uit te roei.
8 Hy vra: “Is al my vorste nie konings nie?
9 Het dit nie met Kalne gegaan soos met Karkemis nie, met Hamat soos met Arpad nie, met Samaria soos met Damaskus nie?