Jesaja 53 AFR83

1 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?

2 Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.Hy het nie skoonheid of prag gehaddat ons na hom sou kyk nie,nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.

3 Hy was verag en deur die mense verstoot,'n man van lyding wat pyn geken het,iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

4 Tog het hy óns lyding op hom geneem,óns siektes het hy gedra.Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,wat deur God geslaan en gepynig word.

5 Oor óns oortredings is hy deurboor,oor óns sondes is hy verbrysel;die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

6 Ons het almal gedwaal soos skape,ons het elkeen sy eie pad geloop,maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

7 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,hy het nie gekla nie.Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei worden soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,het hy nie gekla nie.

8 Terwyl hy gely het en gestraf is,is hy weggeneem,en wie van sy mense het dit ter harte geneemdat hy afgesny is uit die land van die lewendes?Hy is gestraf oor die sonde van my volk.

9 Hy het 'n graf gekry by goddeloses,hy was by sondaars in sy doodal het hy geen misdaad gepleeg nieen al was hy nooit vals nie.

10 Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,om hom die pyn te laat ly.As hy sy lewe as skuldoffer gee,sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.

11 Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sienen hy sal die Here ken.My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:hy sal die straf vir hulle sonde dra.

12 Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.Hy sal saam met magtiges die oorwinning vieromdat hy hom in die dood oorgegee heten as misdadiger beskou is,omdat hy die sondes van baie op hom geneem heten vir oortreders gebid het.