4 Daardie dag sal Jakob se mag onbeduidend worden sy voorspoed sal verdwyn.
5 Dit sal wees soos wanneer iemand wat oes,die graanhalms bymekaargevat en die are afgesny het.Dit sal wees soos wanneer iemand ook die are wat geval het,opgetel het in Spooklaagte.
6 As dan nog iets agterbly om te oes,sal dit wees soos nadat olywe afgeslaan is:twee of drie rypes aan die punt van 'n tak,vier of vyf aan die takkies wat gedra het,sê die Here die God van Israel.
7 Daardie dag sal die mens weer sy hoop op sy Maker vestig,sy hulp van die Heilige van Israel verwag.
8 Hy sal nie meer sy hoop vestig op die altare,die werk van sy eie hande nie.Hy sal nie hulp verwag van die gewyde paleen die wierookaltare wat hy self gemaak het nie.
9 Daardie dag sal Israel se vestingstede verlate lê,so verlate soos die boswêreldwaaruit die inwoners destyds vir die Israeliete gevlug het.Die stede sal sonder inwoner wees.
10 Jy, Israel, het die God wat jou altyd gehelp het, verlaat;jy het gemaak of die Rots wat jou toevlug was,nie meer daar is nie.Lê maar pragtige tuine aan vir jou afgode,plant maar allerlei uitheemse struike;