1 Die openbaring wat Jesaja seun van Amos ontvang het oor Juda en Jerusalem.
2 Daar kom 'n tyd dat die bergwaarop die huis van die Here is,'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppeen sal uitstaan bo die heuwels.Al die nasies sal daarheen stroom,
3 baie volke sal daarnatoe gaan en sê:“Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe,na die huis van die God van Jakobsodat Hy ons sy wil kan leer,en ons daarvolgens kan lewe,want uit Sion kom die openbaring,uit Jerusalem die woord van die Here.”
4 Hy sal oordeel tussen die nasies,regspreek oor baie volke.Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smeeen van hulle spiese snoeiskêre.Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie,en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
5 Kom, volk van Jakob,laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.
6 U het u volk Jakob verstoot:hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste,beoefen towery soos die Filistyneen hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;
7 hulle land lê vol silwer en goud,daar is geen einde aan hulle skatte nie;hulle land loop vol perde,daar is geen einde aan die getal van hulle strydwaens nie;