8 hulle land is vol afgode,hulle buig voor die maaksel van hulle hande,voor wat hulle vingers gemaak het.
9 So het mense hulleself vernederen tot 'n val gekom.U moet hulle dit nie vergewe nie.
10 Vlug die rotse in,kruip weg in die grondvir die verskrikking wat van die Here komen vir die glans van sy majesteit.
11 Die hoogmoediges sal tot 'n val kom,die selfversekerdes sal verneder word.Op dié dag sal net die Here hoog wees.
12 Die Here die Almagtige het 'n dag bepaalteen al wat trots en hoog is,teen alles, hoog en laag,
13 teen al die hoë en verhewe seders van die Libanonen teen al die groot bome van Basan;
14 teen al die hoë bergeen teen al die steil rante;