13 Maar nou is julle nog vrolik en plesierig,julle slag beeste en kleinvee, julle eet vleis en julle drink wyn, julle sê:“Laat ons eet en drink, want môre is ons dood.”
14 Die Here die Almagtigehet aan my bekend gemaak:Hierdie sonde sal julletot die dag van julle dood toenie vergewe word nie.Dit het die Here my God, die Almagtige, gesê.
15 Die Here my God, die Almagtige, het vir my gesê: Gaan na daardie hoë amptenaar, na Sebna toe, wat in beheer is van die paleis, en sê vir hom:
16 Wat maak jy hier? Wie dink jy is jy dat jy hier vir jou 'n graf bou, 'n graf hier teen die hoogte soos dié van 'n koning, soos een wat vir hom 'n blyplek in die rots gereed maak?
17 Die Here sal jou weggooi, Hy sal jou ver weggooi, jou verwaande vent, en jou behoorlik toepak!
18 Hy sal jou styf toerol soos 'n mens 'n mummie toerol en jou weggooi in 'n groot land. Dáár sal jy sterf, daar by jou strydwaens waarmee jy so spog, jy wat 'n skande is vir jou koning!
19 Die Here sal jou uit jou amp ontslaan, Hy sal jou wegvat uit die plek waar jy in diens is.