1 Die Here gaan die aarde verwoes, vernietig,sy voorkoms verander en sy inwoners verstrooi.
2 Dieselfde lot gaan almal tref:priester en volk,slaaf en besitter,slavin en eienares,koper en verkoper,uitlener en lener,skuldeiser en skuldenaar.
3 Die aarde sal verwoes word, heeltemal verwoes word,dit sal leeg geplunder word.Die Here het dit gesê.
4 Die aarde sal droog word, uitdroog,die wêreld sal wegkwyn van droogte;hemel en aarde sal vergaan,