4 Die aarde sal droog word, uitdroog,die wêreld sal wegkwyn van droogte;hemel en aarde sal vergaan,
5 want die aarde is verontreinig deur sy inwoners:hulle was ongehoorsaam aan die wet van die Here,hulle het sy voorskrifte geminag,sy vaste verbond verbreek;
6 daarom sal 'n vloek die aarde verteeren sal sy inwoners boet vir hulle sonde;daarom sal die inwoners van die aarde verbrand word,en daar sal min mense oorbly.
7 Die wingerde sal verdroog en die wyn sal skaars word;wie vrolik was, sal sug.
8 Die tamboeryne sal nie meer gehoor word nie,daar sal nie meer 'n oeslied wees nie,die lier sal nie meer gehoor word nie.
9 Niemand sal meer sing as hy wyn drink nie,bier sal galbitter word vir dié wat dit drink.
10 Die stad sal afgebreek word, dit sal onbewoonbaar word.Die huise is toegeval, niemand kan daar inkom nie.