7 Die wingerde sal verdroog en die wyn sal skaars word;wie vrolik was, sal sug.
8 Die tamboeryne sal nie meer gehoor word nie,daar sal nie meer 'n oeslied wees nie,die lier sal nie meer gehoor word nie.
9 Niemand sal meer sing as hy wyn drink nie,bier sal galbitter word vir dié wat dit drink.
10 Die stad sal afgebreek word, dit sal onbewoonbaar word.Die huise is toegeval, niemand kan daar inkom nie.
11 In die strate sal mense kerm om wyn,die gejuig sal verdwyn,op die aarde sal daar geen vreugde meer wees nie.
12 In die stad sal alles verwoes wees,die stadspoorte sal daar rondlê, stukkend geslaan.
13 Dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volkesoos wanneer die olywe afgeslaanen die laaste druiwe van die wingerde afgeoes is.