9 Niemand sal meer sing as hy wyn drink nie,bier sal galbitter word vir dié wat dit drink.
10 Die stad sal afgebreek word, dit sal onbewoonbaar word.Die huise is toegeval, niemand kan daar inkom nie.
11 In die strate sal mense kerm om wyn,die gejuig sal verdwyn,op die aarde sal daar geen vreugde meer wees nie.
12 In die stad sal alles verwoes wees,die stadspoorte sal daar rondlê, stukkend geslaan.
13 Dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volkesoos wanneer die olywe afgeslaanen die laaste druiwe van die wingerde afgeoes is.
14 Die mense wat oorbly, sal juig,hulle sal die mag van die Here besing,van die weste af sal hulle Hom prys.
15 Dié in die ooste moet die Here eer;hulle wat op die eilande van die see woon,moet die Naam van die Here die God van Israel prys.