14 Hulle is nou dood en sal nie weer lewe nie,hulle gees sal nie weer opstaan nie.U het hulle gestraf en uitgewis,U maak dat niemand meer aan hulle dink nie.
15 Here, U het u volk meer laat word,U het hulle meer laat worden hulle landsgrense uitgebrei.So het U u mag getoon.
16 Here, in hulle nood het hulle hulle toevlug tot U geneem,toe U hulle met swaarkry gestraf het, het hulle U aangeroep.
17 Soos 'n swanger vrou wat inmekaar krimp en skreeu oor haar geboortepyne wanneer sy 'n kind in die wêreld wil bring,so, Here, is ons in u teenwoordigheid.
18 Ons was swanger, ons het inmekaar gekrimp van pyn,maar ons het niks in die wêreld gebring nie:ons het nie 'n redder vir die land gegee nie,en daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie.
19 Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here,hulle sal opstaan.Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is!Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here,die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.
20 Gaan in julle slaapkamers in, my volk,sluit die deure agter julle toe.Kruip 'n rukkie weg totdat God klaar is met straf.