18 Ons was swanger, ons het inmekaar gekrimp van pyn,maar ons het niks in die wêreld gebring nie:ons het nie 'n redder vir die land gegee nie,en daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie.
19 Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here,hulle sal opstaan.Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is!Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here,die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.
20 Gaan in julle slaapkamers in, my volk,sluit die deure agter julle toe.Kruip 'n rukkie weg totdat God klaar is met straf.
21 Die Here kom uit sy woonplek te voorskynom die bewoners van die aarde te straf oor hulle ongeregtighede.Die aarde sal vertel van die bloed wat daarop vergiet isen sal nie meer die mense wat vermoor is, wegsteek nie.