3 en wat op Hom vertrou.Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here,want hulle het hulle vertroue op U gestel.
4 Vertrou altyd op die Here,want die Here God is 'n veilige toevlug.
5 Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe,Hy gooi hulle hoë stadsmure om,Hy maak dit gelyk met die gronden laat lê dit in die stof.
6 Hulle sal onder die voete vertrap word,onder die voete van onderdruktes;die armes sal op hulle trap.
7 Die pad van die regverdige is reguit,U maak sy pad gelyk.
8 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.Ons wil u Naam eer en U aanroep.
9 In die nag smag ek na U,in die môre vra ek na u wil.Wanneer U die aarde straf,leer sy inwoners wat geregtigheid is.