7 Die pad van die regverdige is reguit,U maak sy pad gelyk.
8 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.Ons wil u Naam eer en U aanroep.
9 In die nag smag ek na U,in die môre vra ek na u wil.Wanneer U die aarde straf,leer sy inwoners wat geregtigheid is.
10 Daar word goed gedoen aan die goddeloses,maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie,hulle verdraai die regen erken nie die mag van die Here nie.
11 U staan gereed om hulle te straf, Here,maar hulle steur hulle nie daaraan nie.Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom:laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk,laat vuur hulle verteer.
12 U regeer in vrede oor ons, Here,U doen alles vir ons.
13 Behalwe U, Here ons God, het ander konings oor ons geregeer,maar ons wil net ú Naam onthou.