1 Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.
2 Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd;
3 Ek, die Here, sorg daarvoor:Ek lei dit gereeld nat,dag en nag staan Ek wag daarbysodat niemand dit kan beskadig nie.
4 Ek is nie kwaad vir my wingerd nie.Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie.Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrapen heeltemal verbrand
5 as hy nie in my stad kom skuil nie.Hy, Israel, moet met My kom vrede maak,hy moet vrede met My kom maak!
6 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet,Israel sal groei en lote maak.Die aarde sal vol word van hulle vrugte.
7 Die Here het sy volk nie geslaansoos Hy hulle teëstanders geslaan het nie.Hy het hulle ook nie doodgemaak,soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.