10 Die versterkte stad lê verwoes:'n plek sonder inwoners,verlate soos die woestyn.Dáár wei net kalwers,en hulle vreet wat daar groei,en dáár gaan hulle lê.
11 Die droë takke word afgebreek,vrouens kom en maak vuur daarmee.Israel is 'n volk sonder begrip van wat Ek doen.Daarom sal sy Maker hom nie langer liefhê nieen sal sy Skepper hom nie genadig wees nie.
12 Daardie dag sal die Here sy oes inbringvan die Eufraat af tot by die grens van Egipte,en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word.
13 Daardie dag sal die groot ramshoring geblaas word.Dan sal almal aankom wat in Assirië verstrooi was,ook dié wat na Egipte toe verjaag is.Hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.