2 Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd;
3 Ek, die Here, sorg daarvoor:Ek lei dit gereeld nat,dag en nag staan Ek wag daarbysodat niemand dit kan beskadig nie.
4 Ek is nie kwaad vir my wingerd nie.Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie.Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrapen heeltemal verbrand
5 as hy nie in my stad kom skuil nie.Hy, Israel, moet met My kom vrede maak,hy moet vrede met My kom maak!
6 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet,Israel sal groei en lote maak.Die aarde sal vol word van hulle vrugte.
7 Die Here het sy volk nie geslaansoos Hy hulle teëstanders geslaan het nie.Hy het hulle ook nie doodgemaak,soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.
8 Die Here het sy volk gestrafdeur hulle te verjaag en weg te dryf.Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.