4 Ek is nie kwaad vir my wingerd nie.Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie.Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrapen heeltemal verbrand
5 as hy nie in my stad kom skuil nie.Hy, Israel, moet met My kom vrede maak,hy moet vrede met My kom maak!
6 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet,Israel sal groei en lote maak.Die aarde sal vol word van hulle vrugte.
7 Die Here het sy volk nie geslaansoos Hy hulle teëstanders geslaan het nie.Hy het hulle ook nie doodgemaak,soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.
8 Die Here het sy volk gestrafdeur hulle te verjaag en weg te dryf.Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.
9 As Jakob al sy altaarklippe fyn stampsoos 'n mens 'n kalkklip fyn stamp,as hy nie gewyde pale en wierookaltare vir sy afgode oprig nie,sal daar versoening wees vir sy oortreding,sal sy sonde van hom af weggeneem word.
10 Die versterkte stad lê verwoes:'n plek sonder inwoners,verlate soos die woestyn.Dáár wei net kalwers,en hulle vreet wat daar groei,en dáár gaan hulle lê.