1 Ellende wag vir Samaria,die kroon, die trots van die dronkaards van Efraim,die roem van die drankverslaafdes,die krans van verwelkte blomme,dié stad hoog bokant die vrugbare vallei.
2 Die Here het iemand tot sy beskikkingwat sterk en magtig isen wat dié kroon grond toe sal bringsoos 'n haelstorm, soos 'n vernietigende stormwind,soos stortreëns uit 'n wolkbreuk.
3 Dié kroon, die trots van die dronkaards van Efraim,sal met die voete vertrap word,
4 dié krans van verwelkte blommewaaroor hulle roem,die stad hoog bokant die vrugbare valleiis soos 'n ryp voorvy:wie hom sien, pluk hom en kyk skaars na homvoor hy hom wegsluk.
5 Daardie dag sal die Here die Almagtige die kroon wees,die krans waaroor dié sal roemwat van sy volk oor is.
6 Hy sal aan dié wat reg moet spreek,'n sin vir reg gee,Hy sal krag gee aan dié wat die aanval moet afslaanby die stadspoorte.