1 Ellende wag vir Ariël, Ariël, die stadwat deur Dawid beleër is.Laat die jare maar op mekaar volg,laat die feestye hulle verloop neem,
2 Ek sal Ariël beleëren daar sal ellende op ellende in hom wees,hy sal vir My 'n vuurmaakplek wees.
3 Ek sal jou van alle kante af beleër,Ek sal wagposte inrig rondom jouen beleëringswalle teen jou opgooi.
4 Jy sal val, jy sal uit die grond uit praat,jou woorde sal dof uit die stof uit opklink,jou stem sal uit die grond uit komsoos dié van 'n spook,jy sal uit die stof uit mompel.
5 Maar die hordes vyande wat jy het, sal word soos fyn stof,dié wrede hordes sal soos kaf weggewaai word.Skielik, in 'n oogwink,