10 want die Here het julle in 'n diep slaap laat wegsak:die profete moes julle oë weesen die sieners julle koppe,maar julle oë is nou toeen daar is 'n doek oor julle koppe.
11 Elke openbaring is nou vir jullesoos die woorde in 'n verseëlde boek:jy gee dit vir iemand wat kan leesen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie, die boek is verseël.”
12 Of jy gee die boek vir iemand wat nie kan lees nieen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie lees nie.”
13 Die Here het gesê:Hierdie volk is naby My met die mond,hulle eer My met wat hulle sê,maar hulle hart is ver van My af,hulle dien My soos mense dit wil hê,nie soos Ek wil nie.
14 Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk:die een ongehoorde ding na die ander,sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn,die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.
15 Ellende wag vir dié wat dinkhulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here,hulle wat besig is om dinge in die donker te doenen dink: wie sien ons? Wie weet van ons?
16 Julle is agterstevoor met alles,asof die pottebakker die klei is.Die maaksel kan mos nie van sy maker sê:“Hy het my nie gemaak nie”;die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê:“Hy weet nie wat hy doen nie.”