16 Julle is agterstevoor met alles,asof die pottebakker die klei is.Die maaksel kan mos nie van sy maker sê:“Hy het my nie gemaak nie”;die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê:“Hy weet nie wat hy doen nie.”
17 Nog net 'n baie kort tydjie,dan verander die Libanon in 'n vrugteboorden word die vrugteboord so digdat dit vir 'n bos aangesien word.
18 Daardie dag sal die dowes kan hoorwat daar in die boek staan,en sal die blindes weer kan sienuit die donker, uit die duisternis uit.
19 Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here,die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.
20 Daar sal nie meer wreedaards wees nie;dit sal klaar wees met die ligsinniges,elkeen wat altyd gereed was om onreg te doen,sal uitgeroei word,
21 ook dié wat sommer mense tot oortreders verklaar het,strikke gespan het vir dié wat reg wou laat geskied,en onskuldige mense hulle reg ontneem hetdeur vals getuienis.
22 So sê die Here, Hy wat vir Abraham verlos het,Hy sê oor Jakob:Die nageslag van Jakob sal hulle nie meer hoef te skaam nie,hulle sal nie meer bleek van verleentheid hoef te word nie,