17 Nog net 'n baie kort tydjie,dan verander die Libanon in 'n vrugteboorden word die vrugteboord so digdat dit vir 'n bos aangesien word.
18 Daardie dag sal die dowes kan hoorwat daar in die boek staan,en sal die blindes weer kan sienuit die donker, uit die duisternis uit.
19 Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here,die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.
20 Daar sal nie meer wreedaards wees nie;dit sal klaar wees met die ligsinniges,elkeen wat altyd gereed was om onreg te doen,sal uitgeroei word,
21 ook dié wat sommer mense tot oortreders verklaar het,strikke gespan het vir dié wat reg wou laat geskied,en onskuldige mense hulle reg ontneem hetdeur vals getuienis.
22 So sê die Here, Hy wat vir Abraham verlos het,Hy sê oor Jakob:Die nageslag van Jakob sal hulle nie meer hoef te skaam nie,hulle sal nie meer bleek van verleentheid hoef te word nie,
23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee,sal hulle my heilige Naam eer;hulle sal die heilige God van Jakob eer,hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.