6 sal die Here die Almagtige Hom oor jou ontfermmet donderslae en aardbewings, met 'n magtige dreuning,met storms en orkane, met verterende vuur.
7 Dit sal met al dié nasies gaan soos in 'n slegte droom,dié hordes wat teen Ariël oorlog maak,almal wat hom en sy vestings aanvalen hom beleër:
8 dit sal met hulle gaan soos wanneer iemand wat honger isen droom hy eet, nog honger is as hy wakker word;soos wanneer iemand wat dors isen droom hy drink water, nog kragteloos is,nog versmag van dors as hy wakker word.So sal dit gaan met al dié nasies,dié hordes wat oorlog maak teen Sionsberg.
9 Nou staan julle verdwaas en verstom;julle sien niks, julle oë is toe;julle is dronk maar nie van wyn nie,julle waggel sonder dat julle iets gedrink het,
10 want die Here het julle in 'n diep slaap laat wegsak:die profete moes julle oë weesen die sieners julle koppe,maar julle oë is nou toeen daar is 'n doek oor julle koppe.
11 Elke openbaring is nou vir jullesoos die woorde in 'n verseëlde boek:jy gee dit vir iemand wat kan leesen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie, die boek is verseël.”
12 Of jy gee die boek vir iemand wat nie kan lees nieen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie lees nie.”