23 Dan sal die Here reën gee op die saadwat jy in die land gesaai het,en sal jou grond kos vir jou lewerwat ryk en voedsaam sal wees.Jou kleinvee sal wei in uitgestrekte grasveld.
24 Die beeste en die donkies waarmee jy die grond bewerk,sal kragvoer kry om te vreetwat met graaf en gaffel gemeng is.
25 Dié dag wanneer die vyand by die duisend sal sneuwelen wanneer die torings omval,sal daar op elke hoë berg, elke hoë heuwel,spruite vol water wees.
26 Dié dag wanneer die Here die wonde van sy volk verbinden die seerplekke genees waar Hy hulle geslaan het,sal die maan so helder skyn as die sonen die son sewe maal so helder as die lig van sewe dae saam.
27 Die Here verskyn uit die verte;sy toorn breek los, onweer dreig;as Hy praat, is dit vol gramskap,sy woorde is vlamme van vuur.
28 Sy asem is 'n siedende stroomwat mense meesleur.Hy kom om die nasies te sif in 'n fyn sif,om vir hulle 'n toom aan te sit en hulle weg te lei.
29 Maar julle sal singsoos in die nag voor 'n fees,julle sal vrolik weessoos wanneer mense met fluitspel begin loopna die berg van die Here toe,na die Rots van Israel toe.