1 In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”
2 Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:
3 “Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”Hiskia het bitterlik gehuil.
4 Die Here het toe vir Jesaja gesê:
5 “Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng
6 en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.