15 Wat kan ek sê?Die Here het met my gepraat,Hy het gedoen wat Hy gesê het.Ek sal my hele lewe lank swaar loopoor wat ek moes verduur.
16 Mense leef ten spyte hiervan, Here,en ek sal daarmee saam kan leef,maar maak my tog gesond, herstel my!
17 Dit was vir my goed om soveel te ly;U het my lief, U het my uit die dood gered;U het al my sondes vergewe.
18 In die doderyk kan niemand U loof nie,geeneen wat dood is, kan U prys nie;niemand in die graf dink aan u trou nie!
19 Net hulle wat nog lewe, kan U loof,so doen ek dit vandag.Vaders sal hulle kinders van u trou vertel.
20 Here, U het my gered.Ons sal op ons liere speelal die dae van ons lewe,in die huis van die Here.
21 Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.