18 In die doderyk kan niemand U loof nie,geeneen wat dood is, kan U prys nie;niemand in die graf dink aan u trou nie!
19 Net hulle wat nog lewe, kan U loof,so doen ek dit vandag.Vaders sal hulle kinders van u trou vertel.
20 Here, U het my gered.Ons sal op ons liere speelal die dae van ons lewe,in die huis van die Here.
21 Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.
22 Toe vra Hiskia: “Wat is die teken dat ek weer na die huis van die Here toe sal gaan?”