4 Die Here het toe vir Jesaja gesê:
5 “Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng
6 en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.
7 Ek, die Here, gee vir jou die volgende teken dat Ek sal doen wat Ek gesê het:
8 Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.”En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.
9 Na die siekte en herstel van koning Hiskia van Juda het hy geskryf:
10 Ek het gedink:in die fleur van my lewe sal ek sterf,op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word.