9 Na die siekte en herstel van koning Hiskia van Juda het hy geskryf:
10 Ek het gedink:in die fleur van my lewe sal ek sterf,op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word.
11 Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie,die Here in die land van die lewendes,ek sal geen mens meer sien nie,by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie.
12 My woonplek is afgebreek,opgerol soos 'n skaapwagter se tent.My lewe is verby, afgebreek soos 'n weefdraad.U het aangehou om my te straf.
13 Ek het die hele nag stilgebly,maar soos 'n leeu het U my bene verbreek,U het aangehou om my te straf.
14 Ek het gekerm soos 'n voël wat kerm,ek het gekla soos 'n duif.My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe.Here, red my uit my ellende.
15 Wat kan ek sê?Die Here het met my gepraat,Hy het gedoen wat Hy gesê het.Ek sal my hele lewe lank swaar loopoor wat ek moes verduur.