12 Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet,met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal,met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet,met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg?
13 Wie kan die Gees van die Here peil,wie kan sy raadgewer wees?
14 Vir wie raadpleeg Hydat dié Hom tot insig sou bringen Hom sou leer wat om te doen?Wie leer Hom en onderrig Homdat Hy met insig kan optree?
15 Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer,soos 'n stoffie op 'n skaal.As Hy die eilande op 'n skaal sit,is hulle soos stofdeeltjies.
16 Al die hout op die Libanonis nie genoeg vir vuur op die altaar nieen al die wild nie genoeg vir 'n offer aan die Here nie.
17 Al die nasies is soos niks teenoor Hom,hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.
18 Met wie kan julle God dan vergelyk?Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?