14 Vir wie raadpleeg Hydat dié Hom tot insig sou bringen Hom sou leer wat om te doen?Wie leer Hom en onderrig Homdat Hy met insig kan optree?
15 Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer,soos 'n stoffie op 'n skaal.As Hy die eilande op 'n skaal sit,is hulle soos stofdeeltjies.
16 Al die hout op die Libanonis nie genoeg vir vuur op die altaar nieen al die wild nie genoeg vir 'n offer aan die Here nie.
17 Al die nasies is soos niks teenoor Hom,hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.
18 Met wie kan julle God dan vergelyk?Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?
19 'n Beeld word deur 'n ambagsman gegieten deur 'n smid met goud oorgetreken met silwerkettinkies versier.
20 Wie te arm is vir so 'n offer aan sy god,kies hout wat nie vrot nieen soek vir hom 'n bedrewe ambagsmanom vir hom 'n beeld te maak wat nie omval nie!