5 Dan sal die mag van die Here geopenbaar word;al wat leef, sal dit sien.Die Here self het dit gesê.”
6 Iemand sê: “Roep!”En ek vra:“Wat kan ek roep?Alle mense is soos gras,alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom:
7 gras verdor en blomme verwelkas die Here sy wind daaroor laat waai.”Dit ís so, die volk is soos gras.
8 Gras verdor en blomme verwelk,maar die woord van ons God bly vir ewig.
9 Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion,jy wat die goeie tyding moet bring;roep hard, Jerusalem,jy wat die goeie tyding moet bring,moenie bang wees nie.Sê vir die stede van Juda:“Julle God is hier!”
10 Die Here God kom,Hy is die Magtige, Hy regeer.Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het,dié wat aan Hom behoort, is by Hom.
11 Soos 'n herder versorg Hy sy kudde:die lammers maak Hy bymekaar in sy armsen Hy dra hulle teen sy bors,Hy sorg vir die lammerooie.