17 Maar Israel word deur die Here geredmet 'n blywende redding.Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.
18 So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het,Hy wat alleen God is,Hy wat die aarde gevorm, gemaak het,dit gereed gemaak, geskep het,dit gevorm het, nie om leeg te wees nie,maar om bewoon te word:Ek is die Here; daar is geen ander nie.
19 Ek het nie in die geheim gepraatiewers in 'n donker land nie.Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie.Wat Ek, die Here, sê, bring redding,my woorde gee lewe.
20 Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing,vlugtelinge uit die nasies.Dié wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is,en tot 'n god bid wat nie kan red nie,het geen insig nie.
21 Stel julle saak en bring julle bewyse,beraadslaag gerus met mekaar daaroor.Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig?Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur?Is dit nie Ek, die Here, nie?Daar is buiten My geen God nie;net Ek is 'n God wat regverdig is en red.
22 Kom na My toe dat julle gered kan word,almal op die aarde,want Ek is God, daar is geen ander nie.
23 Ek lê 'n eed af in my eie Naam,wat Ek sê, is betroubaar,dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie:voor My sal elke knie buig,in my Naam sal elke tong 'n eed aflê.