1 Bel het ineengestort, dis klaar met Nebo!Julle gode wat deur julle rondgedra is,word nou op diere, op beeste gelaai.Hulle het 'n vrag geword vir moeë diere.
2 Dit is klaar met julle gode,hulle het ineengestort,hulle kan hulle vrag nie dra nieen word self in ballingskap weggevoer.
3 Luister na My, nageslag van Jakob,almal wat oor is uit die nageslag van Israel,julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af,wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.
4 Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here,tot in julle grysheid sal Ek julle dra.Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou,julle dra en julle red.
5 Met wie kan julle My vergelyk,aan wie kan julle My gelykstel,met wie kan julle My op een lyn stel,wie kan 'n vergelyking met My deurstaan?