6 Mense gooi goud uit hulle geldsak uiten weeg silwer op 'n skaal af;hulle huur 'n goudsmid, en hy maak daarvan 'n afgodsbeeld.Dan buig hulle voor hom en aanbid hom.
7 Hulle tel hom op hulle skouers en dra hom,hulle sit hom op sy plek neer en hy staan daar,hy kan nie van daardie plek af padgee nie.As iemand na hom roep, antwoord hy nie,hy help hom nie uit sy nood nie.
8 Dink hieraan en luister,neem dit ter harte, julle oortreders.
9 Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede;Ek is God, daar is geen ander nie;Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.
10 Ek kondig vantevore aan wat later sal kom,lank tevore al wat nog nie gebeur het nie.Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur,wat Ek wil, doen Ek.
11 Ek roep 'n roofvoël uit die ooste,uit 'n ver land roep Ek 'n man wat my besluit sal uitvoer.Ek het dit gesê, en Ek sal hom laat kom,Ek het dit beplan en Ek sal dit doen.
12 Luister na My, julle hardkoppiges,julle wat geen redding verdien nie.