20 Kinders wat jy nou nie het nie,sal nog in jou ore kom kerm en sê:“Dié plek is te klein vir ons!Maak vir ons plek om in te woon!”
21 Dan sal jy dink:wie het hierdie kinders vir my in die wêreld gebring?Ek was kinderloos en onvrugbaar,'n balling, 'n verstoteling.Wie het hierdie kinders grootgemaak?Ek het alleen oorgebly.Waar kom hulle vandaan?
22 So sê die Here God:Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe,onder die volke sal Ek my vaandel opsteek.Dan sal hulle jou seuns op die arm na jou toe bring,en jou dogters sal op die skouer aangedra word.
23 Konings sal jou kinders oppas,koninginne sal hulle pleegmoeders wees.Hulle sal diep voor jou buigen die stof van jou skoene aflek.Dan sal jy besef dat Ek die Here is;wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie.
24 Kan 'n soldaat se buit afgeneem word?Sal 'n gevangene sommer vrygelaat wordas hy onder bewaking van 'n betroubare persoon is?
25 So sê die Here:'n Soldaat se gevangene kan ontset word,selfs 'n man met baie mag se buit kan afgeneem word.Ek is 'n vyand van jou vyanden Ek sal jou kinders red.
26 Ek sal jou verdrukkers hulle eie vleis laat eet,hulle sal van hulle eie bloed so dronk word soos van wyn.Dan sal al wat leef, besef dat Ek die Here is,jou Redder en jou Verlosser, die magtige God van Jakob.