14 Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle,hy sper sy bek groot oop.Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg,die hele rumoerige gepeupel.
15 So word mense vernederen kom hulle tot 'n val.So kom hoogmoed tot 'n val.
16 Die Here die Almagtige is verhewe,Hy laat reg geskied;die heilige God laat Hom ken as die Heilige,Hy oordeel regverdig.
17 Op die puinhope sal lammers weiasof hulle op hulle eie weiveld is,skape sal rustig daar vreet.
18 Ellende wag vir dié wat hulle deur afgodsdiensvaswoel in die bande van ongeregtigheid,wat verstrik raak in die kettings van sonde.
19 Hulle sê: “Hy moet gou maak,Hy moet sy werk gou doen dat ons dit kan sien!Wat die Heilige van Israel wil doen,moet gou gebeur dat ons dit kan weet.”
20 Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg,wat van duisternis lig maak en van lig duisternis,wat bitter soet noem en soet bitter.