3 En nou, inwoners van Jerusalem en manne van Juda,beslis tog tussen My en my wingerd.
4 Wat kan Ek nog vir my wingerd doenwat Ek nie reeds gedoen het nie?Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring hetterwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra?
5 Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen:Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand,sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word.
6 Ek gaan hom tot niet maak.Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie,maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid.Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.
7 Die wingerd van die Here die Almagtige,die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig,is die Israeliete, die volk van Juda.Die Here het verwag dat daar reg sou wees,maar daar was net onreg,dat daar geregtigheid sou wees,maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.
8 Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm,die een plaas na die ander in die hande kry,totdat daar geen plek vir ander oorbly nieen net julle grondeienaars in die land is.
9 Ek het die Here die Almagtige 'n eed hoor neem:Die baie huise, so groot en mooi, sal murasies word,sonder bewoners.