8 Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm,die een plaas na die ander in die hande kry,totdat daar geen plek vir ander oorbly nieen net julle grondeienaars in die land is.
9 Ek het die Here die Almagtige 'n eed hoor neem:Die baie huise, so groot en mooi, sal murasies word,sonder bewoners.
10 'n Wingerd waaraan tien dae lank geploeg word,sal net een mandjie druiwe oplewer,en 'n sak saad net een kruik vol graan.
11 Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaanom agter sterk drank aan te loopen hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.
12 Daar is liere en harpe,tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye.Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie,sy dade sien hulle nie raak nie.
13 Omdat my volk My nie wil ken nie,sal hulle in ballingskap weggevoer word.Volk en leiers sal saam van honger sterf,omkom van dors.
14 Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle,hy sper sy bek groot oop.Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg,die hele rumoerige gepeupel.